Ons reis

Ons Storie

Hoe ons twee paaie een geword het
Hoofstuk een

Die Begin

Dit was 'n heeltemal gewone dag toe Emae water gaan koop het by Checkers in Stellenbosch. Maar toe sy by die parkering uitstap, het Henk in sy bakkie gewag totdat sy uitkom. Hy het reguit op haar afgestap om vir haar te sê sy is die mooiste meisie wat hy nog gesien het, en of hy dalk haar nommer kan kry.

Hy het haar toe die volgende dag gevra om haar op 'n koffie-date by Asara te vat. Sy het ja gesê; en van daardie eerste koffie af was hulle onmiddellik verlief. Soms weet 'n mens net.

Hoofstuk twee

Saam Deur Die Jare

Die drie jaar sedertdien was vol avontuur. Emae en Henk geniet dit om die land saam te toer, maar hoe ver hulle ook al ry, hulle harte bly altyd in Stilbaai en Augrabies; die plekke waar hulle die heel gelukkigste is. In Stilbaai wag Henk se boot, en Augrabies is huis vir Emae.

As twee groot foodies is een van hulle gunsteling-dinge om nuwe restaurante te ontdek en hulle saam deur die spyskaart te eet. Hulle het ook geleer wat dit beteken om mekaar oor 'n afstand lief te hê; Henk is 'n vlieënier vir 'n survey-maatskappy en werk meeste van die tyd oorsee, in lande soos Saoedi-Arabië, Zambië en Angola. Terwyl hy die wêreld deurkruis, het Emae haar kop by die boeke gehou met haar studies op Stellenbosch. Langafstand is nooit maklik nie, maar dit het hulle net nader aan mekaar gebring.

Hoofstuk drie

Die Vraag

In Junie 2025 was Emae en Henk weg by 'n lodge in KwaZulu-Natal. Hulle het 'n piekniek gehou op die punt van 'n groen vallei; net hulle twee, met die uitsig voor hulle uitgestrek.

En aan die einde van daardie piekniek, op 15 Junie, het Henk op een knie gegaan en Emae gevra om sy vrou te word. Van daardie oomblik af het hulle dadelik begin droom en beplan aan die toekoms wat voorlê. En nou kan hulle nie wag om hierdie volgende hoofstuk saam te begin nie.

Vandag staan ons nader aan mekaar as ooit, en ons kan nie wag om die volgende hoofstuk saam met julle te begin nie.

RSVP vir ons dag →