Ons hou van al die kleintjies, maar hierdie is 'n volwasse-aand. Ons hoop julle kan dit reël en self 'n bietjie kom uitspan saam met ons.
Slegs gaste wat spesifiek op die uitnodiging genoem word, kan saamkom. As julle nie seker is nie, stuur gerus 'n boodskap.
Ja — daar is gratis parkering vir alle gaste op die venue se eie terrein, regs van die hoofingang. Daar sal 'n car-guard wees wat julle sal verwys na die regte parkeer area.
Daar is stretchtente byderhand indien die weer omdraai, maar ons bid vir 'n sonskyn somersdag!
Gaste arriveer 15:00 en moet asseblief stipelik hulle sitplekke neem voor 15:30.
Ons het 'n professionele fotograaf wat alles vasvang, en ons sou graag wou hê dat julle in die oomblik teenwoordig is. Ons vra dus dat fone en kameras tydens die seremonie weggebêre word. Ná die seremonie — neem soveel foto's as julle wil!
Daar sal QR-kodes by elke tafel wees wat julle direk na ons foto-oplaai bring.